Fairfield se kinders kan sommer self 'n werkswinkel aanbied!
Hierdie groep kinders het regtig diep in my hart gekruip. Ek geniet dit veral om met die groepe te werk wat regtig 'n behoefte het om te leer. Oppad na die skool, toe die kinders buite speel en my opgewonde nader wink, het ek gewonder, “Onthou hulle net my motor en rooi WaterWise T-hemp? Of wat sou hul onthou?". Ek sou moes wag en kyk!
Mnr Marius Witbooi, onderwyser verbonde aan Fairfield Primęr, was baie dankbaar dat ek weer 'n opvolgbesoek kon doen — hy weet die skoolvakansie lę voor en die kinders swem elke dag in die plaasdamme as dit warm is! Dié plaasskool is net buite Ceres, langs 'n plaasdam geleë.
En so het my hoogtepunt van die kwartaal aangebreek! Omrent al die inliging wat ek gedurende die wintermaande tydens 'n werkswinkel by hul skool aan hulle vertel het, het hulle onthou. “Ongelooflik.!” Aanvanklik was hulle eers stil en skaam, maar soos die selfvertroue gegroei het, kon hulle eintlik self die WaterWise werkswinkel aanbied het.
As iemand ooit hoegenaamd getwyfel het aan WaterWise, of ooit kon dink dat dit nie regtig ‘n bestaansreg het nie, sal ek van die hoogste berg skreeu : “Drie hoera’s vir WaterWise. WaterWise maak definitief 'n verskil in baie kinders se lewens!”
Deur Eoudia Erasmus
" alt="Fairfield se kinders kan sommer self 'n werkswinkel aanbied!" border="0" />
" alt="Fairfield se kinders kan sommer self 'n werkswinkel aanbied!" border="0" />