| |
| |
| |
| |
| |
Plaaskinders heel opgewonde!
|
|
| |
| |
Toe WaterWise onlangs die skool besoek het, kon jy die opgewondenheid van die plaaskinders op hul gesigte sien!
Rietfontein, 'n plaasskool met ongeveer 90 kinders, is sowat 65km buite Ceres, in die Koue Bokkeveld gelee. Mnr. Tom Presens, die skoolhoof, en sy personeel het my so welkom laat voel, dat ek omtrent die hele oggend by Rietfontein Primer deurgebring het.
Voordat Annie (die KPR-pop) aan die ouer kinders voorgestel is, het die jonger kinders die P L A N gou-gou baasgeraak. Weereens moes ek by die kleingoed hoor dat ten spyte van die waarskuwingstekens wat by damme aangebring is, hulle gereeld sonder toesig en sonder toestemming in die damme gaan swem.
Dit is gewoonlik na afloop van 'n WaterWise-werkswinkel, wat sommige kinders vir my vertel hoe onverskrokke hulle by die damme is.
WaterWise maak ons almal bewus van waterveiligheid en wat om in 'n noodsituasie te doen - Is jy seker jy weet? Deur: Eoudia Erasmus
|
|
| |
|
|
" alt="Plaaskinders heel opgewonde!" border="0" /> |
" alt="Plaaskinders heel opgewonde!" border="0" /> |
|