| |
| |
| |
| |
| |
Senior leerders wou nie he ek moes loop nie
|
|
| |
| |
Wyersdrift kids wou oefen en oefen en oefen …
Wyersdrift se senior leerders wou nie he ek moes loop nie ... hulle wou nog en nog en nog, oefen op Annie!
'n Familielid van een van hierdie groep kinders het by 'n nabygelee dam verdrink. Aangesien hulle al 'n verdrinking en die verlies van 'n maatjie, ervaar het, kon hulle hulself indink in hierdie situasie.
Nadat ek voorbeelde gewys het van hoe om iemand uit die water te red, het een van die kinders gese dat hulle nog nooit daaraan gedink het nie! Hulle eerste reaksie is maar om in te spring en 'n maatjie te help. As hulle eers in die water is, besef hulle dat hulle ook in die gevaar is.
Een dogtertjie het vertel dat sy nooit weer in 'n dam sal gaan nie - 'n vorige keer het sy amper verdrink toe sy in 'n gat getrap het en eweskielik nie meer kon staan nie. So hoor ons talle stories oor skelm gaan swem en amperse verdrinkings - ouers mag dit nooit hoor nie, want die meeste kinders gaan swem sonder ouer-toesig!
Noudat hulle sien die NSRI se WaterWise reik uit na kinders, besef hulle dat dit lewensgevaarlik is!
WaterWise laat kinders tweekeer dink voordat hulle onverantwoordelik optree.
|
|
| |
|
|
" alt="Senior leerders wou nie he ek moes loop nie" border="0" /> |
" alt="Senior leerders wou nie he ek moes loop nie" border="0" /> |
|