| |
| |
| |
| |
| |
Die basiese beginsels van waterveiligheid
|
|
| |
| |
Met my bekende wit handskoen met rooi letters daarop, wat duidelik P L A N uitspel, leer die klein kindertjies ongelooflik vinnig die basiese beginsels van waterveiligheid. Die leë coke bottel met tou, wat ek tydens 'n demonstrasie sommer in die groep ingooi, geniet die kinders ontsettend baie!
Gedurende die wintermaande word daar nie gedink dat waterveiligheid en gesprekke oor verdrinkings nodig is nie, maar mense vergeet dat dit juis die tyd is waar damme, riviere en kanale die volste is.
Na afloop van my besoek aan Rondeheuwel Primêr op Hermon is ek gevra vir 'n opvolg besoek. Die oggend wat ek daar spandeer het was vir hulle te min - hulle wil graag 'n geleentheid hê waar al die senior leerders self KPR kan oefen.
Volgende kwartaal besoek ek hul dus weer.
Eoudia Erasmus
|
|
| |
|
|
" alt="Die basiese beginsels van waterveiligheid" border="0" /> |
" alt="Die basiese beginsels van waterveiligheid" border="0" /> |
|